Schools

Noordskool-leerders la’t wiel

Woorde kan nie genoeg beskryf hoe pretvol Noordskool se kaskar-en-pretdag was nie.

Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs hul jaarlikse kaskar-en-pretdag, met die hoofdoel om fondse in te samel vir verskeie verbeterings, projekte en opgraderings by die skool, gehou.

Die fondse word ingesamel deur middel van die borge en donasies wat deur die ouers en gemeenskap ingesamel word.

Caley Brink, Megan Burger, Marlene Barnardt en Wilmé Victor na ‘n opwindende ‘Colour Fest’.

“Ons bedank die gemeenskap vir hul bydra en die kinders vir ‘n onvergeetlike en opwindende dag,” het Noordskool se woordvoerder, Quintin Botha gesê.

Hy het bygevoeg dat die dag nie net oor ‘n fondsinsameling gaan nie, maar ook as pretdag dien vir leerders.

Onnie Wyckham Palk en graad 5W-klas het duidelik groot pret gehad.

Daar was ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir die kinders om aan deel te neem. Die meeste pret vir die leerders was beslis die kaskarwedren waar leerders teen mekaar gekompeteer het wie die meeste rondtes in ‘n halfuur kon voltooi. Daar was ook ‘n groot verskeidenheid springkastele en waterglybane waar die leerders kon pret hê en deur die skuim gly. Die leerders het ook die Colour Fest baie geniet waar hulle mekaar met sakkies vol kleurpoeier gegooi het.

Leerder Rayden Grieve geniet homself tussen die skuimborrels op ‘n waterglybaan.

“Ons sien elke jaar vreeslik uit en dis altyd lekker!” het Noordskool se hoofdogter, Wilmé Victor afgesluit.

 
Back to top button