Totsiens Monnas, totsiens K’dorp – skoolhoof Johann Calitz
Ná langer as 10 jaar se pligsgetroue diens groet Hoërskool Monument High School einde vandeesmaand sy skoolhoof, Johann Calitz.

Die hoof van Hoërskool Monument High School, Johann Calitz, tree einde Maart af na meer as ‘n dekade.
• Lees ook: Nuwe hoof wil pad met gemeenskap stap
Johann was Monnas se skoolhoof sedert Oktober 2013 maar soos hulle sê kom alle goeie dinge in die lewe tot ‘n einde. Sy laaste amptelike dag is op 31 Maart.
Hy het die News vertel dat hy onderwys as beroep ingetree het in 1986 nadat hy verskeie kwalifikasies bereik het. Johann het eers as onderwyser by Hoërskool Brits skoolgehou en is in 1992 tot departementshoof by Hoërskool Louis Trichardt bevorder. In 2003 is hy toe as adjunkhoof aangestel. Hierna, in 2007, is Johann as skoolhoof aangestel by Hoërskool Nylstroom voordat hy die skoolhoofpos by Monnas in 2013 aanvaar het.
Volgens Johann verhuis hy en sy gesin boonop na hul huis in Reebok naby Hartenbos.
“In my jare by Monnas is daar te veel hoogtepunte om te noem. Die groet van ‘n kind, die glimlag van ‘n personeellid en die onvoorwaardelike ondersteuning in jou beroep laat mens besef dat onderwys ‘n roeping is… beslis nie sonder uitdagings nie maar die stukkies beloning wat jy ontvang maak alles die moeite werd,” het hy gesê.
Lees die volledige berig in die News se volgende uitgawe met datum 28 Maart, 2025.
