Schools

Duifskietkompetisie vir ‘n goeie doel

Die gemeenskap het bymekaargekom vir 'n duifskietkompetise om fondse vir Hoërskool Bastion en Laerskool Westgold in te samel.

Inwoners het hul haelgewere uit die kluis gehaal en saam met Hoërskool Bastion en Laerskool Westgold aan ’n Basbou-duifskietkompetisie deelgeneem.

• Lees ook: Bastion se jong hengelaars katrol die visse in

Bastion se bemarker, Florinda Hearn, het gesê die geleentheid is op ‘n plaas buite Westonaria aangebied waar 68 mense teen mekaar meegeding het om te sien wie die beste duiweskut is.

“Deelnemers het twee sessies gehad om te kyk hoeveel duiwe hulle kan skiet, wat dan aan die einde van die dag vir die gemeenskap gegee is vir kos,” het sy verduidelik.

Sy het bygevoeg dat die geleentheid deel was van ‘n fondsinsameling wat aan die betrokke skole geskenk is.

Dit was ‘n reuse sukses, en ons wil graag elke deelnemer, sowel as ons borge, bedank vir hul bydrae tot hierdie opwindende dag.

“Ons sien uit daarna om hierdie projek in die jare wat voorlê nog groter en beter te maak,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button