School sportSport

Bastion se jong hengelaars katrol die visse in

Hoërskool Bastion spog met agt leerders wat deelgeneem het aan die Gauteng-hengelproewe.

Hoërskool Bastion se hengelaars maak naam vir hulself en spog vanjaar met agt talentvolle jong hengelaars wat deurgedring het na die Gauteng Hengelproewe.

• Lees ook: Buffels se boogskutters skiet ‘n kolskoot

Bastion se bemarker, Florinda Hearn, het gesê die onlangse kompetisie, wat oor vier naweke by verskillende damme plaasgevind het, het ongeveer 70 hengelaars van regoor Gauteng bymekaargebring.

Die doelwit is eenvoudig – vang groot en baie vis tussen vroegoggend en 15:00 wanneer die dag se kompetisie eindig,” het sy verduidelik.

“Die span het die voorreg om onder leiding van ervare Suid-Afrikaanse hengelaar Amoré Jacobs te leer. Haar passie vir die sport en haar wenke en tegnieke help die leerders om hul vaardighede te slyp. Sy dra nie net kennis oor nie, maar dra ook haar liefde vir hengel aan die jong hengelaars oor,” het sy bygevoeg.

Bastion se hengelspan bestaan uit 19 lede.

Hanro van Emmenes berei sy aas voor.
Luaan Badenhorst met sy vangs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button