Schools

Kaskarpret met Ls Krugersdorp-Noord

Noordskool-leerders wys wie's baas in 'n kaskar – die dag is 'n hoogtepunt op die skool se kalender.

Leerders van Laerskool Krugersdorp-Noord sien elke jaar uit na hul kaskardag wat as ‘n hoogtepunt beskou word.

• Lees ook: Kaskar-kaskenades by Laerskool Krugersdorp-Noord

Noordskool woordvoerder, Quintin Botha, het gesê die prettige geleentheid het op 11 April plaasgevind.

“Leerders het vreeslik uitgesien na hierdie groot dag. Die kaskardag is ‘n fondsinsameling vir die skool en ons is dankbaar vir elke ouer en leerder wat ‘n donasie gemaak het.

Die klas wat die meeste insamel gaan ‘n lekker bederf kry by Spur en die leerders wat die meeste fondse ingesamel het gaan vir ‘n uitstappie na Gold Reef City, ” het hy verduidelik.

Hy vertel verder dat elke graad ‘n tema gekies het en daar was ‘n junior- asook senior-optogwenner.

Van die temas het superhelde (graad vier), Two Infinity and Beyond (graad twee) en Party Rockers (graad ses) ingesluit. Die twee wengroepe was vanjaar die graad dries met hulle ‘Vitamiene See’-tema en die graad sewes met die tema Parrots and Pirates of the seven seas.

Zaydin Bezuidenhout.
Janko Bekker.

“Die twee wengroepe het hulle puik van hulle taak gekwyt wat kreatiwiteit aanbetref,” het hy bygevoeg.

Hy sê die kaskarwedrenne was ook vanjaar baie kompeterend en daar was klasse wat die afgelope drie jaar in ‘n ry die wenklasse was. Die leerders se aanmoediging en opgewondenheid om resies te jaag is elke jaar ‘n hoogtepunt by die skool.

“Die speletjies was ook vanjaar weer ‘n treffer en leerders het dit baie geniet om met verskeie aktiwiteite betrokke te raak.

Kaskardag is voorwaar ‘n groot geleentheid waarna ons elke jaar uitsien. Dankie aan almal wat betrokke was en vir die ondersteuning,” het Quintin afgesluit.

Nico Maritz en Stiaan Mostert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button