Schools

Vyf Nories cheerleaders op pad na die VSA

Vyf Norie-leerders gaan Suid-Afrika van 23 tot 25 April by die Internasionale World Cheerleading Championship verteenwoordig.

Gooi, vang, klim en spring is maar ‘n paar van die toertjies wat die Noordheuwel Hoërskool se cheerleaders doen en vyf van die span berei tans voor om in die Verenigde State van Amerika (VSA) te gaan wys wat hulle kan doen.

• Lees ook: Nories-dogters presteer op krieketveld

Volgens hul afrigter, Justin Baxter, is cheerleading nie baie bekend in Suid-Afrika nie.

“Van die leerders het eers in Graad Agt daarvan uitgevind. Dit werk op ‘n puntestelsel waar hulle in verskillende kategorieë beoordeel word, waar hulle dan ‘n punt kry na gelang van hoe hulle die dissiplines uitvoer,” het Justin verduidelik.

Mienke Oberholzer word gegooi.

Hy is baie trots om te sê dat die vyf aan die International World Cheerleading Championship in Orlando gaan deelneem, wat van 23 tot 25 April plaasvind, waar hulle teen lande soos die VSA, Japan, Australië en Sjina sal meeding.

Die leerders is Darius Cornelius, Nikita Keogh, Nikita Pretorius, Venuscha-Lee Smith en Mienke Oberholzer.

Ek hoop dat ons Suid-Afrikaanse span, wat hierdie leerders insluit, ’n top vyf-posisie sal behaal, en dit sal briljant wees as ons ’n medalje huis toe kan bring,” het Justin afgesluit.

Nories se cheerleading-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button