Schools

Mnr en Mej Norie: Van die klaskamer tot die loopplank

Hoërskool Noordheuwel se leerders het op die loopplank gepronk tydens die kroning van Mnr en Mej Norie 2025.

Hoërskool Noordheuwel-leerders het hul beste voet voorgesit om beoordelaars te beïndruk tydens vanjaar se glansgeleentheid, Mnr en Mej Norie, wat op 20 Mei plaasgevind het.

• Lees ook: KYK: Musiekblyspel ‘n skouspel vir Nories

Organiseerder van die aand, Tanya Nel, het verduidelik dat 40 leerders aan die kompetisie deelgeneem het. Hulle het vooraf punte verdien vir hul eie liefdadigheidsprojekte, wat deel was van die finale beoordeling.

Tydens die geleentheid het die finaliste punte ontvang vir hul verskyning in informele en formele kleredrag op die loopplank,” het sy gesê.

Verskeie kategorieë is bekroon, insluitend Debutant van die Jaar, Mees Fotogenies, en die Persoonlikheidskategorie.

Die wenners is as volg:

Junior-dogter wenners:
• Mej Debutant: Tatum Pieters
• Mej Fotogenies: Mila Olivier
• Mej Persoonlikheid: Elan Linde
• Tweede prinses: Leandri Nortjé
• Eerste prinses: Jay-Leigh Coetzer
• Mej Norie: Tatum Pieters

Tatum Pieters op die loopplank.
Jay-Leigh Coetzer op die loopplank.

Seuns-wenners:
• Mnr Debutant: Christiaan Brits
• Mnr Fotogenies: Devin Wagenaar
• Mnr Persoonlikhied: Wikus Roos
• Tweede prins: Christiaan Brits.
• Eerste prins: Wikus Roos.
• Mnr Norie: Jonathan Möller.

Wikus Roos blaas ‘n soentjie vir die beoordelaars.
Christiaan Brits op die loopplank.

Senior-dogter wenners:
• Mej Debutant: Zanri Dicks
• Mej Fotogenies: Memello Chwei
• Mej Persoonlikheid: Tanisha van der Westhuizen
• Tweede Prinses: Anuschke Passano
• Eerste Prinses: Monja van Heerden
• Mej Norie: Karah Pieters

Wat hierdie jaar besonders gemaak het, was die leerders se opregte betrokkenheid by liefdadigheidswerk in die gemeenskap.

“Meer as 30 instansies is reeds ondersteun of besoek – selfs met eenvoudige dade soos om storieboeke te gaan lees vir kinders by ‘n kinderhuis. Die Nories het hul harte oopgemaak, hul tyd gegee, en waarlik ’n verskil gemaak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button