Schools

Bastion se klas van ’85 herleef ou dae

Oud-leerlinge van Hoërskool Bastion het hul eerste amptelike reünie gehou – ’n spesiale geleentheid gevul met herinneringe, dans en saamkuier.

Na 40 jaar was daar groot opwinding toe Hoërskool Bastion se klas van 1981 tot 1985 mekaar weer sien vir hul eerste amptelike reünie.

Oud-leerlinge het by die skool se klubhuis bymekaargekom om herinneringe te deel, te dans, te lag – en selfs ’n traan of twee te pink oor die goeie ou dae, het ’n lid van die 40-jaar-reüniekomitee, SuNelia Rossouw, gesê.

“Ons het gevoel dit is tyd om ná 40 jaar ons eerste reünie aan te bied, omdat die lewe kort is en heelwat van ons klasmaats reeds oorlede is,” het sy vertel.

SuNelia Rossouw, Wernia Nel en Marjoh Hartslief kuier by die reünie. Foto ingestuur

Vir haar was die hoogtepunt om ou klasmaats weer te sien na soveel jare.

“Ons was geseënd om ou onderwysers ook daar te hê, asook die ‘tannie in die kantoor’,” het sy gesê.

• Lees ook: ’n ‘Blast from the Past’ vir Bastion matriekklas van ’90

Sy het bygevoeg dat die groep die dag gevier het met ’n skaap op die spit, heerlik gekuier, gedans en probeer het om op te vang met ou vriende – en dat daar selfs trane gevloei het ná elke weersiens.

Oud-leerders van Bastion se 1985-matriekgroep. Foto ingestuur.

“Dit was vir ons ’n blye weersiens – ons het ’n groep gestig en beplan nou om kontak te hou en hopelik elke jaar bymekaar te kom vir ’n kuiertjie,” het sy gesê.

“En die wind waai nog net so erg by die skool soos 40 jaar gelede, behalwe dat daar nie meer rooigrond is wat in ons gesigte waai nie. Ons dink alle leerlinge moet reünies hou, ook die jonger generasies. Dit is belangrik, veral as mens ouer raak,” het SuNelia afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button