Schools

Proties-leerders spog met hul kultuur-talente

Met 36 inskrywings het Proties-leerders hul talent in sang, dans, kuns en meer by die Segarona Eisteddfod ten toon gestel.

Proties se kultuurleerders het vanjaar groot sukses behaal tydens die Segarona Eisteddfod.

Volgens onderwyseres Marlizette Jordaan, wat by die skool se kultuurprogramme betrokke is, word die kompetisie deur die Departement van Onderwys aangebied. Proties het vanjaar met 36 inskrywings in sewe verskillende afdelings gespog.

“Ons het verskeie leerders uit die junior-, intermediêre- en seniorfases wat deelgeneem het. In al drie fases het ons afdelingswenners gehad, waarvan drie leerders die skool verteenwoordig het by die streekskompetisie vir Gauteng-Wes,” het sy verduidelik.

Dit het op 27 September by Randfontein High School plaasgevind.

Die afdelings waarin die leerders deelgeneem het, sluit in informele poësie, openbare praat, instrumente, sang solo, dans, visuele kunste en fotografie.

Proties se afdelingswenners was:

• Zian van der Merwe (openbare praat)
• Chloe Fernhout (sang solo)
• Mixo Shole (sang solo)
• Izé Jordaan (sang solo)
• Keanu Steenkamp (instrumente)
• Keanu Steenkamp en Joshua Botes (instrumente)
• Wihan Hendrikse (instrumente)
• Zander Jordaan (visuele kunste)
• Karlo Lottering (visuele kunste)
• Imke Jacobs (informele poësie)
• Mikayla Montgomery (informele poësie)
• Izé Jordaan (informele poësie)

“Die leerders wat Proties verteenwoordig het by die streekskompetisie was Izé Jordaan, Zander Jordaan en Mikayla Montgomery. Proties is baie trots op hierdie leerders. Musiek is immers die taal van die hart wat almal verstaan,” het kultuurorganiseerder Ilse Breedt gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button