Pret op wiele: Noordskool hou suksesvolle kaskardag
Laerskool Krugersdorp-Noord se kaskardag bevorder fondsinsameling en spanwerk.
Laerskool Krugersdorp-Noord se kuikens het tydens hul jaarlikse kaskardag agter die wiel ingeklim.
Die geleentheid het op 10 April by die skool plaasgevind met kaskar- en glybane, sowel as springkastele wat heelwat opwinding vir leerders aangebied het.
Lees ook: Woorde wat wen: Protearif se redenaars vat die verhoog

Skoolwoordvoerder Quintin Botha het gesê die hele skool, met sowat 950 leerders, het deelgeneem.
“Elke graad het teen die onderskeie klasse gekompeteer om die meeste rondtes binne ’n sekere tyd te voltooi,” het hy verduidelik.
Hy het bygevoeg dat die skool die dag al vir jare aanbied, met die hoofdoel om fondse vir instandhouding en verbeterings in te samel.

“Die dag was baie oulik en suksesvol. Ons is ook dankbaar vir al die kinders en ouers wat daar was en die moeite wat hulle insit,” het hy gesê.




