Woorde wat wen: Protearif se redenaars vat die verhoog
Die kompetisie bied leerders ’n kans om hul selfvertroue en redenaarsvernuf te slyp.
Laerskool Protearif is trots daarop dat 19 leerders vanjaar aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem.
Die leerders, van graad 1 tot 7, neem op 17 en 18 April aan die kompetisie deel.
Volgens die skool se kultuurorganiseerder, Ilse Breedt, volg hul deelname ná twee uitdunrondtes waartydens eksterne beoordelaars ingespan is.
Lees ook: Fondse vir 37 mishandelde kinders: CCCO hou gholfdag en veiling
“Dit word deur die ATKV aangebied en vind jaarliks plaas vir ’n verskeidenheid laer- en hoërskole, waar ’n paneel beoordelaars ons leerders evalueer,” het sy gesê.
Die kompetisie word by Hoërskool Linden aangebied, en Ilse sê hulle is besonder trots op die groep deelnemers.
“Sulke geleenthede is vir ons van groot waarde, aangesien dit leerders blootstel aan verskillende kompetisies en terselfdertyd help om hul selfvertroue, kommunikasie- en denkvaardighede verder te ontwikkel,” het sy gesê.
Die leerders wat gaan deelneem, is:
• Jean-Louis Fourie (graad 1)
• Ilan van Wyk (graad 1)
• Mila Maritz (graad 2)
• Masego Mtembu (graad 2)
• Ruben van Heerden (graad 3)
• Stephan Slabbert (graad 3)
• Zian van der Merwe (graad 3)
• Eveline Jeffery (graad 4)
• Chloe Deysel (graad 4)
• Zian van Wyk (graad 4)
• Wihan Hendrikse (graad 5)
• Zander Jordaan (graad 5)
• Alana Lombaard (graad 5)
• Miatay Ferreira (graad 6)
• Natalie Maritz (graad 6)
• Mika-Juls Harber (graad 7)
• Mikayla Montgomery (graad 7)
• Dane de Waal (graad 7)
• Mikayla Visser (graad 7)
