Schools

9 Mullies-digters blink uit op nasionale vlak

Van kreatiewe woorde tot nasionale erkenning – dié nege Mullies-leerders het bewys dat hul penne groot talent dra.

Nege jong digters van Laerskool Muldersdrif het op nasionale vlak uitgeblink nadat al nege se gedigte vir publikasie in ’n nasionale kreatiewe skryfkompetisie gekies is.

Volgens die skool se bemarker, Lindy Phaal, het al nege leerders se inskrywings in die nasionale rondte goed gevaar. Hul gedigte is onlangs vir insluiting in die amptelike e-publikasie van die skryfkompetisie gekies.

Ruben Phaal het besonder goed gevaar deur ’n algehele vierde plek nasionaal te behaal, met ’n punt tussen 85% en 90%. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Ruben onder die land se topvyf deelnemers eindig.

Die ander agt Mullies het ook hul skryftalent bewys en punte tussen 74% en 85% in die nasionale rondte behaal.

Hulle is Mignon Olivier, Lily Townsend, Jolanda van den Bosch, Joané Weideman, Juan-Cilliers Kriel, Inge Grobbelaar, Annabelle Breedt en Alexa Kieser.

Die leerders moes hul gedigte reeds teen einde Julie vir beoordeling indien. Die skool sien met trots uit na die vrystelling van die digitale bundel volgende week.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button