Hierdie brief moes al ‘n maand of twee gelede geskryf gewees het maar as jy in ‘n wedloop met tekorte en tyd is, jaag die jou.
Ons, ek en my vrou, bly in Surreystraat Mindalore, sy is op pensioen geplaas al is sy nog baie werd vir die firma waar sy gewerk het, haar kinders en vir my.
Ek is ook van my werk af omdat ek glo te oud is en my kontrak is beeindig.
Hulle sê jy moet in so ‘n geval nie opgee nie en net na bo kyk, dis wat my vrou doen en daardeur kan ons nog lewe.
Daar word gesê daar is nie engele op aarde nie, maar ons kan getuig dat dit ‘n leun is, want sien in ons straat woon twee engele. Hulle het ons al so baie gehelp nie met “hier is geld” of “hier is kos” nie, maar hulle bring al hulle herwinbare ware (staal, karton, papier ens.) vir ons.
Soos hy sê ons ‘engel’ moet jou nie steur aan ander mense probleme, jy het jou eie.
Dit klink selfsugtig maar vandag ek dit begin doen het en net self geluister het, gaan dit beter want stres is ‘n stadige dood en ek dink dit het my baie gehelp.
Dankie ons engele vir dit wat julle doen en jammer dat ons nie altyd daar stop om te gesels nie.
Nog ‘n dankie aan Hamstraat, Witpoortjie, daar bly nog ‘n engel. Hy en sy personeel het ons ‘n groot guns gedoen toe ons kastige versekering nie wou betaal nie.
Sien engele bestaan op aarde. Dankie.