Hiermee ons groot dank en waardering vir die wonderlike personeel en veearts van die Noordheuwel Dierekliniek vir wat hulle vir my gedoen het op Vrydag 7 Junie.
Ons Doberman Pinscher, Lolla het vroeg die oggend siek geword.
Sy het geruk en gebewe en swaar asem gehaal as gevolg van melkkoors.
Om 7.15vm het die wonderlike personeel my vriendelik verwelkom en dadelik die veearts geskakel omdat dit ‘n noodgeval was.
Dr Johan Ferreira was binne vyf minute daar.
Dankie dokter dat jy so mooi aan my verduidelik het wat ek moet doen as my Lolla weer die simptome kry. Jy was dierbaar en ek waardeer dit werklik. Die diens was puik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.