Ek stem saam met verlede week se leser oor die gebedelry by die robotte.
Dis regtig ‘n groot irritasie vir meeste motoriste want jy word by elke robot lastig geval en verpes.
Ek ry nou al permanent met ‘n toe venster want as hulle sien jou ruit is oop, word jy omtrent toegesak.
Die kruising by Paardekraal- en Viljoenstraat is ‘n gewilde uithangplek, asook Coronation en Paardekraal, die Silverpines-kruising, Ontdekkers en Corlett, en Ontdekkers en CR Swart.
Maar solank hulle vol geld gestop word, sal dit nie ophou nie.
‘n Mens begin al skoon stres vir al die bedelaars en smouse as jy by verkeersligte moet stilhou.
Nee wat, iets moet gedoen word – maar wat?
