Ek wil graag vertel wat Vrydag 21 Junie met my suster en swaer gebeur het.
Hulle was uit na ‘n glasfabriek toe en soos ek verstaan het hulle nie parkering reg voor die plek gekry nie, hulle het aan die oorkant van die straat stilgehou.
Volgens haar was hulle onder 10 minute in die winkel gewees en toe hulle uitkom is my swaer se Nissan bakkie se slot oopgebreek en sy beursie wat nog in sy werksakkie was, is gesteel.
Gelukkig geen ID en kaarte in nie, maar sy bestuurderslisensie en ‘n R100 wat daarin was is weg.
En die sakkie was nog half onder die sitplek ingedruk.
Ek wil my verstout deur te sê die sogenaamde karwagte daarrond is in “kahoots” met die verdomde diewe. Hoe kon nie een van die hordes wat daar rondstaan niks gesien het nie? Dis mos makliker om net ander pad te kyk en te maak asof jy niks sien nie.
Nee wat, ek gaan nou maar my man se houding inneem: gee die karwagte niks. Want hulle beteken niks.
My waarskuwing aan mense: los niks in jou kar nie, behalwe ‘n luisslang of twee.
* Brief onveranderd gepubliseer — Red.
