LettersOpinion

Hartlike dank aan polisieman

Lisa en Ferdi Bam van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek en my man van hierdie geleentheid gebruik maak om ons hartlike dank uit te spreek aan ‘n polisieman wat tot my redding gekom het toe ek by die verkeerslig op Robert Broomrylaan gaan staan het en die motor niks van ry wou weet nie.

U het my bygestaan en gehelp tot my man kon oorneem.

Baie, baie dankie aan Mnr de Klerk wat my gerus gestel het en reg agter my kom stilhou het met flikkerligte sodat die ongeduldige, jaagende voertuie nie met my sou bots nie.

U het regtig uit u pad gegaan om my te help. Ek kan net hoop en bid dat daar nog sulke polisiebeamtes soos u is.

Dank die Vader dat u daardie dag (20 Junie) vroeër van diens afgekom het, anders was ek dalk slegter af vandag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button