Ek was op 25 Junie in ‘n ligte botsing op die hoek van Shannon en Clarestrate in Monument oppad na my werk by die Monument Mall toe.
Mense wees asseblief bewus dit is ‘n vierrigting stopstraat en nie Kaylami nie waar jy nie net kan oor jaag nie!
Ek het darem nie seer gekry nie, maar my nuwe Toyota Agyo het baie seer gekry!
Ek sien elke dag hoe die mense op jaag by Shannonstraat en dan wonder ek wanneer is die slag, biter min bestuurders stop.
Dis onaanvaarbaar waar is die padreël wat sê stop is stop?
Ek hoop regtig die verkeer kan iewers ‘n kamera opsit en die skuldiges vang.
Baie dankie aan Riaan Pretorius vir al jou hulp asook vir Rubicon wat my kar kom haal het jle is voorwaar sterrejies!
Baie dankie aan Brenda en haar span by Mogale City Verkeer wat Sondag 7 Julie die strepe en skryfwerk op die teer kom verf het.
Ek hoop van harte die mense gaan sien dit is ‘n stop en hul samewerking gee.
* Brief onverander gepubliseer — Red.
