LettersOpinion

Dankie vir uitstekende diens

Hennie Coetzer van Krugersdorp skryf:

Kliëntediens kry ons nie sommer meer vandag nie, maar groot was my verbasing dat daar nog wel so iets bestaan.

Ek het die afgelope jaar of wat al my motorfietse vir herstelwerk ingeneem na X-bikes in Kenmare, en voel ek moet hulle bedank vir die vriendelike en uitstekende werk en diens wat ek en my familie ontvang het tot dus ver.

Dis goed om te sien dat daar nog besighede is wat die ekstra myl sal loop om sy kliënte te dien.

En dan praat ons nie van die ‘koffie-on-tap’ nie …

Ek sal enige tyd enige iemand aanraai om ‘n draai by X-bikes te maak om te ervaar wat ek waardeer en nog meer.

Baie dankie aan die span van X-Bikes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button