LettersOpinion

Ek stem heeltemal saam

Annetjie Kotze van Noordheuwel skryf:

Ek wil graag my stem voeg by Marisa le Roux se brief in die 19 Julie uitgawe van die NUUS oor mense wat nie by stopstrate stop nie.

Dit lyk my sommige motoriste (voel vir my die meerderheid) reken dat as jy Shannonstraat gebruik, beteken dit dat jy nie hoef te stop nie.

Ek draai elke dag uit Nupen- in Shannonstraat in en dit val my keer op keer by dat sommige motoriste nie eens links of regs kyk wanneer hulle die stopteken by Nupen nader nie. Hulle jaag net eenvoudig oor.

Dieselfde gebeur by die stopteken by Krugersdorp High en net gister het iemand langs my oor Piet Retiefstraat gejaag.

Ek was nog geleer dat as jy by ‘n stopstraat kom, moet jy stop ongeag of daar geen ander verkeer is nie.

Dit lyk my daardie reël geld nie meer nie.

In die ou dae moes jy doodstop of ‘n boete was jou voorland (as daar ‘n verkeersbeampte naby was.)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button