LettersOpinion

Vrouens julle behoort julle te skaam

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek net sê dat ek nuwe tegnolgie geniet, omdat ons in kontak met vriende en familie kan wees.

Persoonlik voel ek dat dit ook misbruik word as mens lees hoe sleg ander op facebook, Whatsapp en BBM gesê word en dan die woorde wat gebruik word is skrikwekkend, en om te dink dis hoe vrouens praat?

Graag vra ek as ‘n dame, wat gaan aan met die vrouens en jong dames van vandag om mense sleg te sê en te kritiseer? Ons weet almal dat ons nie die reg het om te oordeel nie want nie een van ons is perfek nie.

Die goed wat mens lees is rof en onbeskof. Geen vrou behoort so met iemand te praat nie!

Vrouens van vandag wat so aangaan het geen ruggraat of selfrespek nie!

Kyk eers na jouself voordat jy ander oordeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button