LettersOpinion

Dankie aan Joe’s Butchery

Ronel Terblanche van Krugersdorp skryf:

Ek wil graag dankie sê aan die eienaar en personeel by Joe’s Butchery wat Saterdag 27 Julie my ma en dogter gehelp het toe my dogter skielik siek geword het.

Dankie aan Joe (die eienaar) en Christo wat haar gehelp het by die slaghuis.

Ek wil ook dankie sê aan Shirley Olivier van die SAPD wat haar pa gekontak het. Dankie ook dat die personeel by die slaghuis die dag daarna gevra het of sy reg is.

Julle is mense met goeie harte. Baie dankie!

Aan die ander kant, die persoon met die wit bakkie, die ouer dame wou u net vra om hulp om haar kleinkind by die huis te kon kry en sy was selfs bereid om vir u geld te gee vir brandstof. Dit was maar net vyf blokke maar u was eens te ongeskik om te luister!

Dankie Joe’s Butchery, julle wys ons net daar is nog mense wat omgee vir ander al ken u hulle nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button