
Ek wil graag met al die mans daar buite iets deel, die van julle wat so lief is om aan julle vroutjies te stamp of slaan; jy sal jou dag kry.
Ek wil graag vir daardie jong man sê, wat daai Vrydagaand by ‘n kuierplek in Krugersdorp goed gewyn was, en sy vrou gestamp het, dat sy teen ‘n kar val.
Jy gaan jou dag kry, jy wat dink jy is ‘n breker kom ook tot ‘n val.
Ek wat ‘n man is, wat in my voertuig gesit het en gesien wat gebeur het, wil sê ek kry skaam vir iemand soos jy.
Ek hoop jy kan met jou gewete saam leef! Sjoe, hoe slaap jy snags?
* Brief onveranderd geplaas — Red.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
