LettersOpinion

Hoë prys van voorafbetaalde meters

C Swanepoel van Krugersdorp skryf:

Ek wou ‘n voorafbetaalde elektrisiteitsmeter by my huis laat installeer en ontdek toe met `n skok dat Mogale City R5 800 vra om dit te doen.

By ander munisipaliteite kos dit baie minder. Pretoria vra byvoorbeeld slegs R1 500 en Alberton slegs R752.

Hulle voorafbetaalde meters word in die mini-substasies in die strate geïnstalleer en nie in of voor huise nie.

Verbruikers kry dan ‘n sleutelbordjie wat hulle bloot in ‘n muurprop druk om hulle lesing na te gaan en te herlaai.

Met Mogale se stelsel word die meters in ‘n kas voor elke perseel geïnstalleer.

Dit blyk dat Mogale ‘n baie duur en verouderde stelsel installeer en daardeur die installering van voorafbetaalde meters ontmoedig in teenstelling met ander dorpe wat dit aanmoedig.

Kan die rede dalk wees dat Mogale nie van die basiese heffing wat huishoudings betaal, wil afstand doen nie?

Dit sal in belang van alle verbruikers in Krugersdorp wees as die NUUS ‘n opname doen van wat dit in ander dorpe kos en wat die rede vir die buitengewone hoë prys in Krugersdorp is en daaroor berig.

Ek sien uit na so ‘n verslag.

* Baie dankie vir u skrywe, ons maak werk daarvan – Red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button