Ek het op 23 Julie vanaf Krugersdorp na Randfontein op die R28 en die R24 se robot tussen 7-7.30nm gestop toe iemand by die motor se venster kom staan het en kom bedel het.
Toe ek nie aandag gee daaraan nie, toe vat hy iets in sy sak en slaan die passasiers kan voor se ruit uit (met ‘n sparkplug) en gryp my handsak wat op die vloer gestaan het, my skoondogter en my kleinseun van drie was agter in die motor gewees op daardie stadium.
Dit het so vinnig gebeur en motors het langs my en agter my gestaan en niemand het ons eers gehelp nie, daarvan daan het ek huistoe gery, my kleinkind afgelaai en my seun opgetel en polisiestasie toe gery en oppad soontoe het ons twee polisiebeamptes gesien by Key West.
Ek het hulle gevra om my te help want hulle het my beroof en hulle twee was so behulpsaam en het saam my gery na die toneel, dit is die mynhoop by die robot. Ons het van my goed gevind sowel as ander mense sin wat ook daarso beroof is. Ek wil net vir Adjudant Offisier JL de Klerk en Adjudant Offisier RF Pretorius baie dankie sê vir al die hulp.
Hulle was uitstekend en het my verskriklik baie gehelp om saam met my na die toneel toe te ry en my goed te soek in die donker nag. Hulle is van die Wes-Rand Blitspatrollie.
Weereens baie dankie aan hulle en mense moenie in die donkerte alleen ry nie en die hanksakke en waardevolle artikels sluit dit in die bagasiebak liewerste toe.
Hoop dit help; die man het ‘n Caltex baadjie aangehad, dit kan ons onthou en ons was nie die enigste mense daardie aand nie.
* Brief onveranderd gepubliseer — Red.
