Ek dink die verkeerskonstabels kan gerus om 7uur in die oggende en 2uur in die middae ‘n rondte doen by Laerskool Ebenhaeser en kyk hoe jaag van die ouers daar.
Daar is kinders wat daai pad gebruik.
Party van daai mense se motors is nie op die pad of het selfs nie eers lisensies nie.
Ek vrees elke dag dat iemand wat so jaag dalk een van my kinders raak ry.
Oë ek kan nie eers sê hoe ek voel nie!
Sommige mense worrie nou maar net nie oor kinders nie! Ai is die kinders vandag nie ons toekoms nie?
Mevrou, mejuffrou jy weet wie jy is; asseblief ek smeek jou verminder jou spoed voor die skool of in ‘n besige straat, jy jaag soos ‘n mens wat bang is jy kom nêrens nie en die ergste van alles jy maak jou naam sleg!
* Brief onveranderd gepubliseer — Red.
