Ons woning is verkoop en benodig ‘n elektriese sertifikaat.
Ons het ‘n man gekontak en hy was Vrydag 2 Augustus by ons vir ‘n kwotasie en het bevestig dat hy wel geregistreer is om ‘n sertifikaat uit te ruik.
Ons het ‘n deposito van R2 600 op 2 Augustus in sy rekening betaal.
Maandag 5 Augustus om 10.30vm het die man en sy span opgedaag om die herstel werk te doen, hy het sy werkers aangesê om te begin werk en in sy voertuig geklim en gery.
Dit is aan my gesê dat die werk slegs twee ure sal neem om klaar te maak. Teen 2nm was hulle egter nog besig.
Die man het eers net voor 4nm opgedaag en die elektriese sertifikaat geteken en my mee gedeel dat als reg is, werk en getoets is. Die uitstaande bedrag van R2 116 is toe oorbetaal met die uitreiking van die sertifikaat. Ons wag egter nogsteeds vir ‘n faktuur vir die betaling. Gelukkig het ons die bewyse van betaling op die internet.
Later die middag het my dogter na my toe gekom en my mee gedeel dat die kragprop in haar kamer nie werk nie.
Ek het dadelik die man gekontak en hy het vir my gesê dat hy Dinsdagoggend vroeg daar sal wees om die problem uit te sorteer.
Ek kon hom egter eers na 3nm op 6 Augustus in die hande kry. Hy het gesê dat hy by ‘n begrafnis was en nou op pad is met sy werkers.
Woensdag 7 Augustus het ek hom geskakel en gevra hoekom hy nie opgedaag het nie. Ek het gevra dat hy asseblief voor 12nm by my woning moet wees, en dat as die koop deurval as gevolg van sy nalatigheid ek hom persoonlik verantwoordelik sal hou. Ek het toe ‘n sms van hom ontvang waar hy my vloek. Ek het hom dadelik gebel en gesê hy moet my in my teenwoordigheid kom vloek en dat hy met die verkeerde persoon moeilikheid soek.
Hy het egter aangegaan om my te dreig en gesê dat ek maar kan doen wat ek wil en hy sal iemand kry om my dood te maak in my eie werf.
My vrou, die huisagent en die prokureur wat die oordrag behartig kon elke woord hoor soos hy geskreeu het.
Die man antwoord glad nie sy selfoon as hy gebel word nie.
Daar is ‘n saak by die SAPS geopen en hy is by die Arbeidsdepartement aangegee.
So asseblief mense, wees baie versigtig vir die man. Hy is ‘n klug en ‘n swendelaar.
