LettersOpinion

Dankie vir puik diens

Kobus Coetsee van Krugersdorp skryf:

Ek en my moeder van 74 jaar het van Centurion verhuis na Krugersdorp.

Ek is tans in Pretoria vir vyf weke waar ek bestraling teen kanker ontvang maar wou graag ‘n brief oor puik diens aan julle rig.

My moeder is al vier maande op ‘n waglys vir ‘n rugoperasie en gaan vir ses weke plat in die bed wees na die operasie.

Ons moes inderhaas vir haar ‘n ander/ nuwe bed aankoop om te help vir ‘n volle herstel.

Nuut in Krugersdorp was ons eerste keuse The Bed Shop by President Hyper.

Vanaf die eerste dag was ons dadelik vriendelik behandel en my ma met deernis en begrip ontvang.

Ekstra moeite is gedoen om haar op vele van die beddens te laat ontspan tot sy tevrede was met die besluit op die regte aankoop van ‘n bed.

Die diens, aandag en inligting verskaf was meer as wat ek verwag het. Na die aflewering van die bed is dit selfs een keer omgeruil sodat my ma die beste moontlike matras en rus kon kry.

Graag wil ek Debbie van Ryneveld spesiaal bedank vir puik diens.

Sy doen kort-kort navraag oor my behandeling en oor my ma se operasie, iets wat ek nooit van enige firma verwag het nie, en dit na Debbie self baklei teen ‘n siekte wat nie behandel kan word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button