LettersOpinion

Gemeenskap ploeter net voort

Belastingbetaler van Krugersdorp skryf:

Na aanleiding van die berig oor Jack Bloom van die DA wat ‘n nag in die Leratong Village informele nedersetting deurgebring het, asook die berig oor die sogenaamde wit plakkers by die Coronation dam, kan ek nie help om te wonder nie …

Waarom is dit nodig vir ‘n gemeenskap om gevoude hande te sit en wag vir die regering om alles vir hulle te doen? Hoe het dit gebeur dat ons vandag in ‘n kultuur van ek moet kry/ ek wag vir/ ek verwag dit beland het?

Enige mens met ‘n greintjie selfrespek wil tog sy omstandighede verbeter en gesonde verstand moet êrens inskop.

Die krane kos R30 stuk, aldus Jack Bloom. Dus kan ses gesinne elkeen ‘n skamele R5 bydra, die werklose loodgieter vra vir hulp met die installasie en siedaar; hulle het ‘n werkende kraan tussen 6 gesinne! Nou gaan ek seker hoor R5.00 is baie geld vir armes – ja dit is, maar met bietjie ambisie en inisiatief (en gesonde verstand?) is niks onmoontlik nie.

Dieselfde beginsel geld vir die Van Niekerks. Francois sê hy bly al vier jaar by die Coronation dam en hy weier om te trek. Is hulle werklik tevrede om vir die res van hul lewens te plak? Ek weet van gesinne wat noodgedwonge van hierdie fasiliteit gebruik moes maak maar binne enkele maande het hul hulself, met deursettingsvermoë, inisiatief en ambisie (en gesonde verstand), opgehef en vadag staan hul weer hul skoene selfonderhoudend vol in die gemeenskap. En moenie kla daar is nie werk nie, daar is vir diegene wat bereid is om te werk, ongeag die salaris en tipe werk, en hiermee bedoel ek beslis nie bedel nie.

Wat my egter meer ontstel is die feit dat hy boonop ‘n kind het.

Waarom nog kinders in die lewe bring onder sulke omstandighede? In hierdie verband bied die regering wel gratis hulp aan in die vorm van voorbehoeding maar dis duidelik nie die tipe hulp waarvoor hulle bakhand staan nie.

En so ploeter die gemeenskap voort – ‘n paar werk om belasting te betaal om die hordes wat bakhand staan te onderhou.

* Letter published unedited – Ed.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button