Leratong Hospitaal se saal 16, dr Rossouw en personeel.
Baie dankie vir die naasteliefde wat julle toon.
Julle het jul roeping in die mediese afdeling vervul. Baie dankie vir julle vriendelikheid, liefde, omgee asook die versorging aan ons geliefde suster Annetjie James tydens die drie weke wat sy in die hospitaal was.
Julle diens is puik.
Daar was nie eenkeer ‘n geval van onvriendelike diens nie. Dr Rossouw, dankie dat jy ons deur en tyd ingelig het van haar toestand, en dat ons nie in duisternis gelaat was nie.
Aan die skoonmakers, dankie dat julle saal 16 so netjies hou, julle kan waarlik trots wees op dit wat julle doen. Hou so aan.
Baie dankie aan almal wat ons die afgelope tyd ondersteun het, asook vir julle gebede wat ons gedra het. Ons as familie waardeer dit opreg. Ons harte is seer, maar ons weet die Here is in beheer. Hy gee ons krag vir elke dag.
Hy is ons Trooster.
