LettersOpinion

Getoets deur publiek

Niekie Rossouw van Krugersdorp skryf:

Vandag is ek regtig deur die publiek getoets.

Ons as ouers wat gestremde kinders het, is regtig so verleë oor die parkeering wat vir ons uitgesit is, wat staan ons tedoen?

Ons moet alewig om die blok ry en ry en ry, tot die parkerings oop gaan.

Ek is vandag na skool soos gewoonlik Spar toe in Krugersdorp-Wes en moes soos ‘n paloeka stop sodat ek my kind kon uit haal en saam met my in die winkel neem.

Daar het ‘n motorfiets gestaan en ek het net besluit om reg langs hom te stop, my dogtertjie is agt jaar oud en sy weeg sowat 40kg. Die karwagtannie help altyd sodat ek haar in ‘n trolie kan laai maar vandag het ons so gesukkel dat sy in die warm kar moes wag.

Ek het foto’s geneem van die motorfiets en hoe ek soos ‘n paloeka langs hom moes intrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button