
Eskom het ‘n geheime kontrak met BHP Billiton gesluit waarvolgens elektrisiteit onder kosprys aan die aluminium smelters Hillside in Richardsbaai en Mozal in Mosambiek gelewer word.
Dié twee smelters gebruik ‘n massiewe nege persent van Eskom se opwekvermoë.
Die verlies wat Eskom hieruit maak word gesubsideer deur die residensiële verbruikers van Suid-Afrika.
Een van die ondertekenaars van die kontrak ‘n sekere Mick Davis wat ‘n Eskom direkteur was is net daarna as ‘n direkteur van BHP Billiton aangestel.
Sulke dinge gaan gewoonlik gepaard met miljoene rande aan omkoopgeld.
Pieter van Dalen van die DA het in die parlement ‘n vraag gestel oor Davis se optrede, nodeloos om te sê het hy geen antwoord gekry nie.
So as Eskom weer vanaand vir jou preek om onnodige toestelle af te skakel, sms vir hulle terug dat hul BHP Billiton moet afskakel dan sal ons almal gelukkig wees.
