LettersOpinion

Baie dankie vir dienste

Corrie en Johan Arnold van Krugersdorp skryf:

Graag wil ek hierdie bedankingsbriefie plaas in ons plaaslike koerant aan dienste wat gelewer is.

Ons wil net ons dank betuig aan Culembeeck Life Gemeente onder die leiding van ds Philip Voight wat met ons moeder en vader was tydens sy kort siekbed.

Al die gebede en ondersteuning van die gemeente word waardeer.

Aan Seraphim Begrafnis Dienste onderleiding van Marietta en Bertie Kruger sê ons baie dankie vir die ondersteuning, bystand en hul ongelooflike diens aan ons gelewer en hoe hulle op 10 Oktober ‘n onbaatsigtige diens gelewer het om dit so maklik moontlik vir ons te maak met die afsterwe van onse ouer, oupa en grootoupa.

Dawie Bezuidenhout se plek is leeg en word gemis deur sy eggenote Annie Bezuidenhout.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button