
Ek luister vanoggend met verwondering hoe die nuus oor die radio versprei word dat soveel “educational” sielkundiges nie kan verstaan hoekom daar so baie geweld in skole is nie.
Ek gooi maar net my hande in die lug en wonder op watter planeet mense bly. Ek weet presies hoekom daar soveel geweld is.
Behalwe vir die gewone problem van geen disipline in skole (wat ons almal weet) is daar een baie groter probleem.
Hoeveel ouers weet watse voorgeskrewe leesboeke en gedigte (Afrikaans en Engels) hulle kinders op skool het?
Doen jouself as ouer ‘n guns en lees ‘n bietjie die goed wat jou kind moet lees, en leer. Dis regtig skokkend. Ek het drie dogters en het elke jaar hulle voorgeskrewe boeke gelees …
Nadat mens dit lees kan jy heeltemal verstaan hoekom soveel kinders sielkundige probleme het, depressie, selfmoord, geweld ens.
Die gedigte gaan 90 persent oor apartheid – wat niks met ons kinders te doen het nie (om eerlik te wees, nie eers met ons generasie ook nie) – waar geweld betrokke is. Die res is belaglike goed soos hoe ‘n vrou op haar toilet sit (ek noem dit nie poësie nie).
Die boeke is om ‘n mens van naar te maak. Voorbeelde: ‘n Afrikaanse boek is geskryf in ‘n Kaapse-hottentot-taal, dis nie Afrikaans nie, die hele boek is slang, gevloek en die Here se naam word uidelik en in elke paragraaf gebruik – en dan wonder almal hoekom ons kinders nie kan spel nie.
‘n Ander boek is deur ‘n speurder geskryf wat in detail vertel van lyke wat hy opspoor – dis walglik en als word in detail bespreek – onder andere ‘n seuntjie wat se kop in die grond begrawe is, sy privaatdele afgesny is, sowel as sy voete wat langs hom gevind is. En weereens wonder almal wat met die jeug aangaan.
Die Engelse voorgeskrewe boek vir matrieks is Lord of the flies.
Mense doen jouself ‘n guns en kyk of jy hierdie boek kan lees sonder om naar te word of depressief te raak. Kinders wat ‘n vark lewendig slag, en dan later mekaar begin vermoor ens.
Dis absoluut belaglik dat ons kinders verplig word om sulke goed te lees – om nie eers daarvan te praat dat hulle dit moet leer om deur skool te kom nie. Wat het geword van Kringe in ‘n Bos en Shakespear?
Die Departement van Onderwys is hiervoor te blameer want dit is hulle wat die boeke en gedigte kies.
Ouers, wees meer oplettend oor wat jou kind op skool leer. En dis tyd dat ons opstaan teen die brainwashing wat ons kinders deurgaan.
