
Ek wil graag via die media vir TASOL Solar Solutions bedank vir hul flink en professionele diens.
Ek het twee weke gelede ‘n groot operasie ondergaan waarna ek redelik hulpeloos was terwyl ek herstel het.
Dinsdag 12 November het ons waterverwarmer gebars en ons slaapkamer was onder water. Ons het ons versekeraars gekontak wat flink ‘n loodgieter uitgestuur het.
Aangesien die waterverwarmer vervang moes word, wou ek die geleentheid gebruik om na ‘n sonkragverwarmerstelsel oor te skakel. Ek het die voorstel aan die versekeraars gedoen, wat ingestem het en hulle het voorgestel dat ek self ‘n kontrakteur aanstel.
Ek is na TASOL in Voortrekkerweg en ons desperate situasie aan hulle verduidelik dat ons geen water in die huis het nie as gevolg van die gebarste verwarmer.
Kobus van TASOL het dadelik ingestem om agter ons aan te ry om ‘n kwotasie te kom gee. Alhoewel hulle baie besig was met geskeduleerde werk het hy nogtans gesê hy sal kyk wat hy vir ons kan doen.
Tot my groot verbasing was hy met twee spanne werkers die volgende oggend by my huis en teen drie-uur die middag was my sonkragverwarmer professioneel geinstalleer.
Kobus, Greg en Steve van TASOL, ons wil julle dank vir hulle flink en professionele diens. Julle sal nooit besef wat dit vir my beteken het in my huidige gesondheidstoestand nie. Julle is tops!
