
‘n Baie groot dankie aan al die inwoners van omliggende plotte wat ons kinders op die ongelukstoneel gehelp het.
Aan die personeel van Dr Yusuf Dadoo Hospitaal, Leratong Hospitaal, Netcare Krugersdorp Hospitaal en paramedici – julle was almal sterre.
Aan ons bestuursraad voorsitter, Sipho Ngwetsheni, wat ons bygestaan het by die hospitaal; ‘n groot dankie! Dis met waardering dat ek me E Chabedi en Sipho wil bedank vir hul gereelde besoeke aan ons kinders in die hospitaal.
Onder baie moeilike omstandighede het die personeel van Unity Primary sterk gestaan en gehelp waar moontlik.
Ampsdraers van Gauteng-Wes Distrik, baie dankie ook vir die berading, bystand en foonoproepe.
Die publiek wat gereeld geskakel of ingeloer het om te hoor hoe dit met ons kinders gaan, dit word hoog op prys gestel.
Baie dankie aan almal!
