
Na aanleiding van my skrywe in die NUUS van 29 November, wil ek net rapporteer dat die lek herstel is.
Dit was nie as gevolg van die personeel van Mogale City waar foute gerapporteer word nie, want hulle is hopeloos.
Ek het met ene Asanda gepraat en hy reken dat ek die gerapporteerde fout daagliks moes opvolg.
Wat hy nie besef nie is dat ek my werk sal moet afskeep om aandag aan die probleem te gee en boonop telefoonkostes aangaan met die opvolgwerk.
Sou hierdie fout nie herstel word nie, sou ‘n duikpak aan die meterleser uitgereik moes word om die verbruik te bepaal.
Ek wil hiermee vir Jakkie Naudé bedank wat werk gemaak het van die probleem, en Aaron van Mogale City wat die lek kom herstel het.
Julle is voorwaar staatmakers.
Dankie ook aan die NUUS wat hierdie probleme onder die inwoners se aandag bring.
