LettersOpinion

Die kat kom weer

BC le Roux van Krugersdorp-Noord skryf:

Op 2 Januarie 2014 gewaar ek weer ons lui, oorgewig, onfiks en wegkruipende Mogale-verkeersbeamptes in Hoofrifweg wat weer rolprente maak van motors wat vinnig ry.

Kry hulle nie skaam aan die einde van die maand wanneer hulle enorme salarisse ontvang vir die amper geen werk gelewer nie?

Waar was hierdie verkeersbeamptes tydens die Ou-/ Nuwejaarsjolyt by Kroningspark waar drank die belangrikste item was?

Waarom is geen bestuurder getoets vir hoë vlakke van alkohol nie? Vandag is al die derde dag van Januarie en die Park is nog net so vuil en die strate vol van glasstukke en ander rommel wat deur onopgevoede en morsige park- en straatboewe wat hulleself mense noem, agtergelaat is.

Wie moet die blaam dra vir hierdie tipe van diens? Ons of die burgemeester? Ek dink ons, want ons is te bang om iets aan die saak te doen.

Gedurende Oktober 2013 het die DA in Beeld gedreig dat belastinggelde teruggehou gaan word maar ook daarvan het niks gekom nie. Dis waar die ANC weet ons is soos klein muisies wat bewend in die hoek sit want die kat staan daar.

Ek wens julle almal ‘n mooi en genadevolle 2014 toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button