LettersOpinion

Baie bekommerd oor skoolfonds

Bekommerde ouer van Krugersdorp-Noord skryf:

Skoolfonds. Hierdie is ‘n baie sensitiewe saak by elke skool in SA.

Ek sal graag wil weet watter maatstaf die skool/ beheerraad volg om hierdie bedrag te bepaal. Dit is so dat beheerrade meestal uit baie slim mense vanuit verskillende beroepe saamgestel word en dus baie meer van die wet weet en hoe om dit toe te pas op ouers en kinders wat daarvan afwyk.

Dit is so dat ons nie almal R25 000 per maand verdien nie en dus kan ons nie almal altyd die skoolfonds bekostig nie. Omdat ons trots is, knyp ons maar af al beteken dit dat ons kinders moet honger ly.

Die huisgesin wat slegs R8 000 per maand verdien het dieselfde maandelikse uitgawes as diegene wat meer verdien. Ek wil ‘n voorstel maak dat beheerrade die salarisse van elke huisgesin as maatstaf sal gebruik om hulle skoolfonds te bepaal.

Ek is ‘n voorstaander dat elke gesin skoolfonds moet betaal al is dit net R20. Geen skool/ beheerraad moet toelaat dat kinders van werkers, onderwysers of presteerders/ uitblinkers gratis skool bywoon nie.

Beurse is ook ‘n onding want ouers wat dit nie breed het nie moet instaan vir hierdie praktyk.

As daar 30 leerlinge is wat gratis en verniet (wat wel skoolfonds kan bekostig) skool bywoon en die skoolfonds is R750 per maand dan verloor die ander betalende ouers R2 250 per maand en R270 000 per jaar.

U sien dus dat as almal betaal dan kan die skoolgelde minder word.

U moet ook in gedagte hou dat die ekonomie besig is om ten gronde te gaan en dat slegs ‘n klein persentasie teen 2020 skoolfonds sal kan bekostig. Wat word dan van ons kinders?

‘n Ongeletterde nasie! Kom ons vat hande en loop die toekoms met hoop tegemoet sonder om mekaar te probeer verarm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button