
Ons was Dinsdagmiddag 14 Januarie tussen 2 en 3nm op pad na Krugersdorp op die R24 (die pad gaan verby die graansilo’s), toe ‘n bakkie met ‘n sleepwa van vooraf verby gery het in die rigting van die N14.
Ons het so twee kilometer verder gery en gesien dat twee stoelkussings op die pad lê. Ons het dit opgetel, dadelik omgedraai en die bakkie agterna gesit, maar kon nie daarin slaag om hul op te spoor nie.
Ons het dit naby die Randfontein/ Tarlton grondpad opgetel. Ons het dit op facebook geplaas sonder enige sukses.
Die brief is nou ons laaste opsie om te kyk of ons hulle kan opspoor en die kussings aan hulle kan terug besorg.
As die kussings aan julle behoort, of jy weet wie se kussings dit is, kontak ons op 082 555 6841.
