
Ek wil kommentaar lewer op Helgard Oelofse se brief (in die 31 Januarie uitgawe van die NUUS).
Nee ons inwoners hier naby Hoërskool Noordheuwel bid nie vir ‘n robot by die kruising van Shannon- en Bellstraat nie.
Daar is net meer as 200 skooldae per jaar en daardie kruising is slegs een uur soggens so besig.
Van middel-Oktober wanneer die eindeksamens begin, is die verkeer al baie minder.
In die middae is die kruising nie so besig nie. Ons wil dus asseblief nie ‘n robot hê wat vir 200 uur per jaar ‘n doel sal dien nie.
Ek stem egter saam dat puntdiens tydens skoolkwartale ‘n aanwins sal wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
