LettersOpinion

Baie dankie aan Org

Annet Claassens van Tarlton skryf:

Ek wil graag ‘n lansie breek vir Org Viljoen (Wie betaal vir watervermorsing in die 31 Januarie uitgawe van die NUUS).

Ons het ook ‘n waterlek op ons plot in Tarlton gehad. Vir maande het ons die problem gerapporteer en geen reaksie gehad nie.

So het Kersfees gekom en gegaan en ek het gedink na die vakansie sal daar aandag aan die problem gegee word. Maar niks het gebeur nie.

Ek het met mnr Viljoen gepraat en verduidelik dat die water al in die pad afloop.

Dit was die oggend en toe ek die middag na werk by my huis kom, was die mense net klaar met die herstel van die lekasie. Dus moet ek sê dat hy dadelik werk gemaak het met ons problem.

Baie dankie Org.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button