LettersOpinion

Straat nie ‘n renbaan nie

E van der Meer van Krugersdorp skryf:

Na aanleiding van ‘n artikel in die NUUS van 7 Februarie, wil ons saamstem dat hierdie gebied in ‘n renbaan vir motorfietsryers, vierwielmotorfietse en sekere motoriste ontaard het en ly mede-inwoners kwaai daaronder.

Dit sluit ook De Vriesstraat in Breaunanda en die park in.

Talle skrywes en oproepe is al aan die burgemeester, asook die Verkeersafdeling en sektorpolisie gerig, maar sonder sukses.

Soos hierdie dame genoem het, gebeur dit veral Vrydag- en Saterdagmiddae asook Sondagmiddae, sodat mense nie eers hulle deure kan oopmaak terwyl hulle televisie kyk nie.

Dit is mos nou eenmaal ‘n wettelose toestand.

Word daar met hierdie motorfietsryers gepraat, dan word mens gevloek en dit klink asof baie van hulle bedwelm is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button