LettersOpinion

Oop gate op sypaadjies

Anoniem van Krugersdorp skryf:

As gevolg van waterpype wat bars of verweer van ouderdom, word gate gegrou dit om te herstel.

Maar dan word die gate summier oopgelos. Ek het met my hond wat half blind is, gaan stap en toe val sy in die gat.

Wat gaan gebeur as ‘n bejaarde persoon daarin val en ‘n heup breek? Wie gaan die dokter se rekening betaal?

Baie jong mense loop saans met daardie pad huis toe na ‘n lang dag se werk. Ek is verbaas dat niemand nog ernstig beseer is nie.

Die gate is in Tweedestraat tussen Buiten- en Viljoenstraat. Die ander een is bokant De Wetstraat. Ons buurman se tuinhulp gooi maar grassnysels in daardie een.

Daar is nie eers ‘n waarskuwingsband gespan om dit af te baken nie.

Kan iemand dalk in dié geval help, of betaal ons belasting vir al die blink motors by die munispaliteit se kantore?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button