
Graag wil ek net weet wie ons strate skoonmaak?
Krugersdorp is seker een van die vuilste dorpe ooit.
Ek en my man het een Sondag deur Randfontein gery en was geskok om te sien hoe skoon en netjies dit in die hoofstraat gelyk het.
Hier en daar was ‘n papiertjie wat rond gewaai het. Maar dan ry ons op ‘n Sondag deur Krugersdorp kerk toe, dan kry jy ‘n pyn in jou hart om te sien hoe vuil Krugersdorp is.
Graag vra ek dat die mense wat veronderstel is om die strate skoon te hou, afgedank word want hulle word betaal vir geen werk.
En gee elke winkel ‘n boete as dit voor hulle winkel vuil is, dalk sal die winkeleienaars ook net bietjie wakkerskrik en help dat Krugersdorp skoon en netjies lyk. (En ek bedoel nie vee al die gemors in die dreine af nie.)
