LettersOpinion

Kommer val op dowe ore

Johann Pelzer van Krugersdorp skryf:

Ek het by verskeie geleenthede probeer om straatligte wat nie werk nie te raporteer, maar sonder sukses.

Die straatligte in Hoofrifweg vanaf die BP vulstasie in Wentworthpark in die rigting van Luipaardsvlei is onvoldoende aangesien net sommige gloeilampe werk.

Daar is verskeie gloeilampe dood en dit is donker in sekere areas.

In die oggend wag ek vir my geleentheid werk toe en is ek reeds om 5.20vm buite – dit is dan nog stikdonker.

Jy kan maar verniet probeer om met iemand by die munisipaliteit te praat, want die een verwys jou na die ander, wat jou weer na iemand anders verwys.

Dan het ek nog ‘n klagte. Ek het die beskadigde stormwaterdrein op die hoek van Hoofrifweg en Johan Jonkerrylaan aan ‘n Johan Brits gerapporteer. ‘n Vragmotor moes die drein stukkend gery het en ek is bevrees as dit weer gaan reën soos ‘n week of twee gelede sal die drein nie die water kan hanteer nie, aangesien al die sement blokke van die drein in die gat geval het.

Mnr Brits het gesê hy maak ‘n nota daarvan, maar lyk my dit sal nie reggemaak word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button