
Ek wonder hoeveel mense het al gekla oor motoriste wat ry soos hulle wil by die vakansie- of naweekrobot (Voortrekkerweg en Barrettstraat interseksie).
As jy uit Barrettstraat kom met die intensie om regs te draai onder deur die brug na Lewisham is dit ‘n hopelose taak. Voertuie wat vanuit Voortrekkerweg (vanaf weste) kom en regs draai, asook voertuie wat uit die dienspad kom om regoor te ry in Barrett in of om onder deur die brug te ry, ry soos besetenes oor rooi verkeersligte.
So daar is geen kans vir die wat wettiglik wil regsdraai uit Barrettstraat om te draai nie.
Wanneer gaan die verkeersowerhede kameras by hierdie verkeersligte opsit?
Dit is al lank overdue. Dit gebeur in die middag wanneer almal jaag om by die huis te kom. As hulle nie kameras wil opsit nie, hoekom is die verkeerspolisie nie aan diens hier in die middae nie?
Meer as genoeg boetes sal geskryf word. Padwoede is ding wat wag om hier te gebeur.
