
Ons is raadop!
Die burgemeester wil Mogale City ‘n veilige plek maak, maar ons voel nie veilig nie want ons sukkel om die veld in Farel-, Ruben- en Surreystrate te laat sny vir die afgelope vyf maande.
Toe die werkers die sypaadjie in Desember kom sny en daar mooi vir hulle gevra is wanneer die veld gesny gaan word, toe word daar krutaal gebruik.
Voor nommer 9 lyk dit soos ‘n oerwoud. Ons het die bugemeester gevra dat die bome gesny moet word, die riete moet uit kom en gras moet gesny word, daar is daagliks kapings, huisinbrake en ‘n mens kan nie eers meer winkel toe loop nie dan word jy aangeval.
Ons kan nie meer so aangaan nie. Ek kry skoon skaam vir die strate wat so lyk.
