LettersOpinion

Baie dankie vir hulp

Alet Esterhuysen van Krugersdorp skryf:

Ek wil net graag almal bedank wat ons gehelp het tydens die onlangse afsterwe van my man, Chris Esterhuysen.

Aan almal by Hospice Gauteng-Wes wat betrokke was en hom met soveel liefde en empatie versorg het, ons waardeer dit opreg.

Dankie dat julle gehelp het dat hy sy menswaardigheid kon behou deur hom met soveel deernis en respek te behandel.

Aan die personeel van Netcare 911 wat alles probeer het om hom te red, ons het nuwe respek vir julle en vir die werk wat julle doen.

Aan pastoor Johan Vogel, dankie vir die diens en die gebruik van die kerk.

Spesiale dank aan my kinders, kleinkinders, familie, vriende en die personeel van Krugersdorp Town School vir julle teenwoordigheid en ondersteuning by die begrafnis.

Weereens baie dankie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button