LettersOpinion

Straatligte werk nie

Herman van Breaunanda skryf:

Op 27 Januarie het ek vir die eerste keer Mogale City geskakel in verband met die straatlig by my huis wat nie werk nie.

Die vrou op die foon het gesê dat sy die inligting sal aanstuur na die betrokke department.

Op 3 Februarie het ek weer geskakel en weer die lig gerapporteer.

Op 19 Februarie het ek weer geskakel en weer die lig gerapporteer. ‘n Tumi het vir my gesê dat hulle vir parte wag en sodra dit ontvang is sal die lig vervang word.

Op 9 April het ek weer geskakel en weer die lig gerapporteer. ‘n Lovemore het my toe meegedeel dat die straatligte op Ontdekkersweg en op die hoofpaaie belangriker is as ‘n woongebied.

In Breaunanda is daar ongeveer 50 straatligte wat nie werk nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button